Polisie ondersoek moord op meisie (9)

Inwoners reken dit was ‘n lukrake aanval.

(Foto: MSN)

(Foto: MSN)

Die polisie in Boston, Amerika, ondersoek die dood van ‘n negejarige meisie na sy Donderdagaand in die straat doodgesteek is.

Die area Lincolnshire is Donderdagaand om 18:20 na die voorval deur polisiebeamptes afgesper.

Inwoners reken dit was ‘n lukrake aanval.

Foto’s van die toneel wys hoe forensiese beamptes met wit pakke die toneel verlaat.

Die polisie doen ‘n beroep op inwoners om met inligting na vore te kom wat kan help met die polisieondersoek. ” ‘n Negejarige meisie is tragies oorlede na sy ‘n steekwond in die straat in Boston opgedoen het. Beamptes is omstreeks 18:20 na die toneel geroep. Ons het ‘n moordsaak geopen en die area is afgesper en sal vir ‘n geruime tyd nog afgesper wees,” sê ‘n beampte.

“Die jong meisie se ouers is in kennis gestel en ons gedagtes en gebede is met hulle gedurende die moeilike tyd.”

Die meisie se ouers sal ook deur opgeleide beamptes bygestaan word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.