Menslike geraamte in veld op Delmas gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie op Delmas ondersoek ‘n saak na ‘n menslike geraamte Donderdagaand omstreeks 18:00 in die veld gevind is.

Volgens brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het ‘n verbyganger wat hout in die veld opgetel het, op die geraamte afgekom.

Die polisie kon na verdere ondersoek vasstel dat daar twee klein gaatjies in die skedel was, wat daarop dui dat die persoon doodgeskiet is.

Polisielede het volgens brig. Mohlala ook kabelbinders aan die geraamte gevind, wat daarop dui dat die persoon vasgemaak was.

Die oorledene se geslag is nog nie bekend nie.