Senior tegnikus van City Power dood in ontploffing by substasie

Deel hierdie storie / Share this story

’n Senior tegnikus van City Power is dood toe ’n mini-substasie waaraan hy gewerk het, Donderdag ontplof het.

Kallie Van Vuuren, wat as senior operateur in diens was, het saam met sy kollegas in Wilropark gewerk toe die ontploffing gebeur het.

Die oorlede City Power-tegnikus was by die mini-substasie nadat ‘n onderbreking die oggend in die omgewing ervaar is.

Van Vuuren en sy kollegas was besig om die fout langs Molopostraat op te spoor, het woordvoerder Isaac Mangena gesê.

Dit is toe dat die skakelaar van die mini-substasie opgeblaas het, het Mangena gesê.

“Die kollega het ongedeerd daarvan afgekom,” het hy gesê.

Die tegnikus, wat al meer as 19 jaar by City Power gewerk het, het ernstige beserings opgedoen. Paramedici het hom op die toneel dood verklaar, het Mangena gesê.

Bronne: MSN, The South African, Jacaranda FM

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Moet dalk eerder nie meer Skittles eet nie