Moet dalk eerder nie meer Skittles eet nie

Die New York Times het onthul dat ‘n studie wat verlede jaar gepubliseer is die moontlikheid geopper het dat titaandioksied ‘n rol in kolorektale kanker en inflammatoriese dermsiekte kan speel.

Moet dalk eerder nie meer Skittles eet nie

Moet dalk eerder nie meer Skittles eet nie foto: Canva

‘n Regsgeding in Kalifornië, VSA, het beweer dat Skittles “onveilig” vir verbruikers is. Die regsgeding noem dat die gewilde lekkers verhoogde vlakke van titaandioksied (TiO2) bevat.

Titaandioksied, volgens WebMD, word dikwels in voedsel- en sonskermprodukte gebruik as beide ‘n kleurversterker en UV-filter.

Ses jaar gelede het Mars Inc, belowe om die versterker uit sy produkte te verwyder – die regsgeding beweer dat dit misleidend en onsuksesvol is.

FDA-regulasies laat die gebruik van titaandioksied toe solank die vlakke nie meer as 1% van die kos se gewig oorskry nie.

Die regsgeding verklaar dat hoewel Skittles binne FDA-riglyne is, Mars Inc. nie sy verbruikers voldoende inlig oor die bymiddel nie.

Maatskappye soos Dunkin Donuts het pogings aangewend om titaandioksied en ander kunsmatige kleurstowwe uit hul produkte te verwyder.

Die New York Times het onthul dat ‘n studie wat verlede jaar gepubliseer is die moontlikheid geopper het dat titaandioksied ‘n rol in kolorektale kanker en inflammatoriese dermsiekte kan speel.

Foster Mohale, woordvoerder van die departement van gesondheid, het verlede jaar verklaar dat titaandioksied toegelaat word vir gebruik in Suid-Afrikaanse voedselprodukte.

Alhoewel die EU-kommissie verklaar het dat die bymiddel onveilig is, word dit steeds wyd in die VSA, Mexiko, Kanada en selfs Australië gebruik.

Bronne: MSN, The South African, The Pink Brain

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Vyf mense in TVET-kollege-bakkie is dood in ‘n kop-teen-kop botsing

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.