Vyf mense in TVET-kollege-bakkie is dood in ‘n kop-teen-kop botsing

Deel hierdie storie / Share this story

Vyf mense wat in ‘n TVET-kollege-bakkie gery het, is dood ná ‘n trompop botsing op Woensdag, 27 Julie.

Die Oos-Kaapse departement van vervoer berig dat vyf mense gesterf het terwyl twee mans ernstige beserings opgedoen het nadat twee voertuie reg van voor, 30 km van Aliwal-Noord na Jamestown, gebots het.

Volgens die Oos-Kaapse departement van vervoer was die oorledenes van die Ikhala TVET-kollege.

Die departement het berig dat die bakkie, ‘n Isuzu-dubbelkajuit met twee mans en drie vroue wat van Queenstown na Aliwal-Noord gery het, teen ‘n mini-vragmotor gebots het wat twee persone van Aliwal-Noord vervoer het.

Bronne: MSN, The South African, IOL

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Zelenski en sy vrou gekritiseer oor Vogue-fotosessie