Boer (60) van Clocolan in hospitaal na aanval

Voorlopige ondersoek dui daarop dat vuurwapens en ‘n skootrekenaar by die boer se huis gesteel is.

(Foto: Gaston Fence)

(Foto: Gaston Fence)

‘n Boer (60) van Clocolan is Woensdagaand in sy binnebeen geskiet toe hy op twee rowers in sy plaashuis afgekom het.

Kapt. Phumelelo Dhlamini, polisiewoordvoerder, sê die voorval het omstreeks 18:30 plaasgevind.

Die boer het 18:30 by sy plaashuis aangekom en twee verdagtes op heterdaad betrap toe hulle by die kluis in sy huis probeer inbreek het.

Toe die verdagtes besef hulle is uitgevang, het een ‘n vuurwapen na vore gebring en die boer in sy binnebeen geskiet. Die aanvallers het van die toneel gevlug.

Die polisie is volgens kapt. Dhlamini na die toneel uitgeroep en die beseerde boer is in die hospitaal opgeneem vir behandeling.

Voorlopige ondersoek dui daarop dat vuurwapens en ‘n skootrekenaar by die boer se huis gesteel is.

Niemand is nog in verband met die saak in hegtenis geneem nie en die polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap om met enige inligting na vore te kom. Kontak konst. Richard Dlanga by 071 147 7393.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.