(Foto: Daily Mail)

(Foto: Daily Mail)

Lauren Dickason, die Suid-Afrikaanse ma wat daarvan aangekla word dat sy haar drie dogters in September verlede jaar vermoor het, sal nou dalk eers in 2023 in die hof verskyn.

Dickason en haar man, dr. Graham Dickason, en hulle drie dogters, Liané (6), en die tweeling Maya en Karla (2), het twee weke voor die beweerde moorde van SA na Nieu-Seeland verhuis.

Dr. Graham het die aand van 21 September op sy dogters se lewelose liggaampies in hulle huis afgekom. Lauren was ook beseer in die huis gevind.

Lauren, wat steeds in aanhouding is in die Hillmorton-hospitaal se psigiatriese eenheid, moes Vrydag in die hof verskyn. Haar regsverteenwoordiger, Kerryn Beaton, het egter namens haar verskyn omdat Lauren se mediese span haar “nog nie aan ‘n hofomgewing wil blootstel nie”.

Behalwe vir die eerste verskyning in Timaru, het Lauren nog nie een van haar hofverskynings bygewoon nie.

Regter Cameron Mandor het haar afwesigheid in die hof verskoon.

Volgens Newshub het Lauren se prokureur aansoek gedoen dat die verhoor van Timaru na Christchurch geskuif word.

Daar is ook vroeër ‘n datum in Maart 2023 vir die verhoor vasgestel, maar die datum sal moontlik geskuif moet word.

Bronne: Newshub, Stuff.co.nz, NZ Herald

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.