3 leerlinge dood in KZN-taxi-ongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

Drie leerlinge is dood en 13 beseer in ‘n taxi-ongeluk in Inanda, KwaZulu-Natal. Na verneem word, het die remme van die minibus gefaal en veroorsaak dat dit in vyf laerskoolleerlinge vasgery het.

Die bestuurder het op ‘n ongeplaveide pad afgedraai en teen die voetgangers vasgery voordat hy ‘n muur getref en omgeslaan het.

’n Passasier wat die ongeluk oorleef het, het daarin geslaag om nooddienste vir hulp te ontbied.

Bronne: MSN, eNCA, News365

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Leerling sterf onder skoolbus toe hy wou inklim