Die Noordwes-polisie doen ‘n beroep op die publiek om te help om die agtjarige Tshwarelo Makati van Tlakgameng Village op te spoor wat laas in November 2021 gesien is.
Kapt. Aafje Botma, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), sê Tshwarelo het op Dinsdag 2 November 2021 die huis verlaat om skool toe te gaan en nooit teruggekeer huis toe nie.
“’n Soektog is sonder enige sukses rondom die dorpie en omliggende gebiede van Tlakgameng uitgevoer. Uitgebreide ondersoeke is gedoen en alle leidrade is opgevolg sonder sukses,” het Botma gesê.
Tshwarelo was in haar skooldrag, wat bestaan uit ‘n wit hemp, donkerblou romp en swart skoolskoene, geklee toe sy laas gesien was.
Die vermiste kind word beskryf dat sy ‘n ligte gelaatskleur met ‘n skraal bouvorm en bruin oë het. Sy is ongeveer een meter lank, het die polisie gesê.
Bronne: MSN, The South African, Economy24
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Besonderhede van moord op geliefde veldwagter Anton Mzimba



