Man sterf aan rookinaseming by braai

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie sê ‘n man is dood aan rookinaseming toe hy sy braaistaander in sy kamer ingeneem het om warm te word nadat hy saam met vriende gebraai het.

Toe sy vriende die volgende dag weer na hom gesoek het by sy huis in Moltenostraat, Cannon Hill, Kariega, het hulle sy liggaam op sy bed gevind.

Volgens kaptein Andre Beetge, polisiewoordvoerder, het die voorval op 25 Julie 2022 gebeur.

Beetge het gesê ‘n geregtelike doodsondersoekdossier is geopen en word deur Kariega SAPD ondersoek.

Bronne: MSN, The South African, Times LIVE

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: 11-jarige meisie dood toe bakkie en trein by plaaskruising bots