Dis glo bevestig dat die vermeende skieter by die Katlehong-taverne, waar twee mense op 8 Julie 2022 op die toneel dood is, ‘n metropolisiebeampte is.
Vroeër hierdie maand is berig dat vier mans met vuurwapens die Mputlane Inn Tavern binnegegaan het.
Hulle het ‘n vuurwapen geëis en lukraak op klante begin skiet. Ses mense is geskiet. Twee is op die toneel dood en twee is hospitaal toe geneem.
Die polisie het onthul dat hulle een verdagte gearresteer het wat Maandag 25 Julie in die Palm Ridge-landdroshof sou verskyn.
Polisiewoordvoerder, kol. Dimakatso Sello, het gesê die polisie ondersoek steeds die saak en dit is nie duidelik of nog arrestasies gemaak sal word nie.
Intussen is lede wat moontlik inligting oor die polisie se ondersoek het, versoek om na vore te kom. In nog ‘n skietvoorval is twee mense noodlottig geskiet en sewe gewond tydens ‘n skietvoorval buite ‘n taverne in Ga-Rankuwa, noord van Pretoria in Gauteng. Die voorval was glo op Vrydag 22 Julie omstreeks 23:00.
Volgens die polisie het onbekende verdagtes, wat ‘n silwer Polo bestuur het, na bewering lukraak skote afgevuur op klante wat by die taverne gesit het.
Polisiewoordvoerder, kol. Dimakatso Sello, het gesê die motief van die skietery is in hierdie stadium onbekend en die polisie sal twee sake van moord en sewe van poging tot moord ondersoek.
Bronne: MSN, The South African, SABC News
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Taverne-skietery: Gesinne pleit by polisie om moordenaars te vind



