Pasiënt sterf na val vanaf sewende verdieping in Vrystaat-hospitaal

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ondersoek is aan die gang by ‘n hospitaal in die Vrystaat, nadat ‘n pasiënt vanaf die sewende verdieping van die fasiliteit na sy dood geval het.

’n Sekuriteitswerker by Pelonomi-hospitaal het die liggaam oor die naweek ontdek.

Daar word verneem die oorledene was ‘n 33-jarige man wat voorheen van ‘n ander hospitaal oorgeplaas is.

Hy is in die brandwonde-eenheid by Pelonomi opgeneem nadat hy aanvanklik ‘n pasiënt by die JS Moroka- mediese fasiliteit was.

Die pasiënt het ernstige brandwonde aan sy nek, skouers, hande en gesig opgedoen.

Sy naasbestaandes is in kennis gestel en sielkundige ondersteuning aangebied.

Intussen lei die polisie en forensiese spanne nou ‘n ondersoek na die omstandighede van hierdie gebeure.

Bronne: MSN, The South African, Flipboard

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Pa en oom in hegtenis geneem nadat hulle glo albinokinders probeer verkoop het