Twee mans is deur die Mosambiekse polisie in hegtenis geneem nadat hulle na bewering drie albinokinders probeer verkoop het. Een van die beskuldigdes is die kinders se pa.
Die polisie het gesê die mans het probeer om die kinders, van 9 tot 16 jaar oud, vir heksery te verkoop.
Mosambiekse polisiewoordvoerder, Feliciano da Camara, sê die polisie het na ‘n wenk opgetree en daarin geslaag om die mans te onderskep.
Hulle is in hegtenis geneem en het sedertdien die bewerings ontken.
Da Camara het tydens ‘n pers-inligtingsessie gesê die mans het na bewering gereël om die kinders na Malawi te vervoer waar hulle vir sowat R670 000 verkoop sou word. Albino-moorde is glo algemeen in Malawi, Tanzanië en Mosambiek.
In 2017 het die Los Angeles Times berig oor hoe albino-mense gejag word vir liggaamsdele wat glo in heksery gebruik kan word.
Die publikasie het berig daar word geglo liggaamsdele van albino’s bring rykdom, sukses of seksuele verowering en kinders is veral kwesbaar.
Bronne: IOL, MSN, Jacaranda FM
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Atul en Rajesh Gupta bly in aanhouding in VAE te midde van SA-uitleweringsversoek



