Families van die slagoffers van die Soweto-taverneskietery het by die polisie gepleit om die moordenaars van hul geliefdes te vind.
Sestien mense is by die taverne in Nomzamo Park dood nadat onbekende gewapende mans lukraak op tavernegangers losgebrand het.
Dertien van die slagoffers is van Umzimkhulu in KwaZulu-Natal.
Familielede, vriende en gemeenskapslede het ’n gedenkdiens vir die slagoffers gehou. Hulle sê hul dood moenie verniet wees nie.
Bronne; MSN, eNCA, Sowetan LIVE
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



