Eskom waarsku dat hy dalk gedwing kan word om op kort kennisgewing deurlopende beurtkrag te implementeer.
Elektriese foute het Maandagoggend vyf opwekkingseenhede by Kriel-kragstasie laat uitskakel.
Die kragvoorsiener sê van die foute kan met swaar mis in die gebied verbind word. Gevolglik is 2 000 megawatt se opwekkingskapasiteit uit die stelsel verwyder.
Opwekkingseenhede by ander kragstasies sal na verwagting later Maandag weer in diens wees, maar sou daar voor dan verdere probleme wees, kan meer kragonderbrekings ervaar word.
Bronne: MSN, eNCA, 702
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Iowa-skietery: Kind en ouers doodgeskiet terwyl hulle kamp



