Dele van die Durbanse middestad het Maandagoggend tot stilstand gekom. Woedende taxibestuurders het paaie versper oor die skut van hul voertuie.
Boysie Zungu, woordvoerder van die eThekwini-metropolisie, sê die betogers het die roetes met brandende rommel versper. Hy het motoriste versoek om weg te bly van dié paaie.
“First Avenue en Osbourne, Umgeni And Argyle, vermy asseblief hierdie paaie, want hulle is gesluit weens taxi-industrie-betogings.”
Sfiso Shangase, wat by die taxiraad Santaco in KZN is, meen langafstandbestuurders sit agter die betogings teen die skut van hul voertuie en ander kwessies.
“Ons gaan nog uitvind of daar ’n vriendskaplike manier gaan wees om so ’n saak te hanteer, want deur infrastruktuur te vernietig, spreek dit nie die uitdaging aan waarmee verskeie individue te kampe het nie. Ons moet uitvind hoekom die voertuie geskut word en hulle kaartjies kry. As daar iets onheilspellend is, moes dit met relevante owerhede bespreek word.”
Vvoorvalle van plundery het in sommige winkels voorgekom.
Bronne: MSN, eNCA, ECR
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Polisiebeamptes daarvan beskuldig dat hulle junior beampte martel



