Wil jy ná ‘n lang Maandag net ‘n vinnige pizza maak en in die oond sit sodat jy ‘n bietjie kan rus? Hier is die perfekte resep.
Felicia se vinnige pizza
Bestanddele:
500 ml bruismeel
125 ml kookolie
150 ml kookwater
knypie sout
Metode:
Plaas al die bestanddele in ‘n lugdigte houer met ‘n deksel. Skud houer baie goed tot die deeg ‘n bal vorm. Druk deeg in gesmeerde pan en bedek met ‘n klam doek. Pak nou jou gunstelingbestanddele op die pizzadeeg, strooi gerasperde kaas oor en bak in voorverhitte oond by 180°C vir ongeveer 8 min of tot gaar.
Bron: Konkoksie Radio Laeveld, Facebook
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



