Vyf buitelanders vas vir ontvoering

Deel hierdie storie / Share this story

Vyf buitelanders is Saterdag deur die polisie in hegtenis geneem vir die vermeende ontvoering van ‘n 25-jarige man.

Lt.kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, sê die polisiespan is op 13 Julie in kennis gestel van die 25-jarige man wat in Leandra, Gauteng in hegtenis geneem is. Die polisieondersoek het begin, Die span het aanvanklik eers een man in hegtenis geneem na hy glo ‘n losprys vir die ontvoerde man geëis het.

Volgens lt.kol. Netshiunda het die polisie se ondersoek hulle gelei tot by ‘n adres in Devon waar die polisie drie ander verdagtes by die ontvoerde man gevind het. Die polisie het die drie verdagtes in hegtenis geneem en die 25-jarige slagoffer is gered.

Die vyfde verdagte is op ‘n ander perseel in Leandra in hegtenis geneem. Die polisie het die vuurwapen, selfone en SIM-kaarte wat in sy besit gevind is, gekonfiskeer.

Die vyf verdagtes tussen die ouderdomme van 35 en 50 sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel