Goeie nuus vir motoriste

Indien die petrolprys gedereguleer word, sal dit kleinhandelaars in staat stel om self die prys van petrol vas te stel.

Gwede Mantashe, die minister van energie, het Vrydag in die jongste Staatskoerant sy voorneme om die petrolprys te dereguleer, gepubliseer.

“I, Gwede Mantashe, the minister of mineral resources and energy, under section 2(1)(c) of the Petroleum Products Act of 1977, hereby give notice of the intention to introduce a petrol cap or a maximum price for Petrol 93 Octane,” lui ‘n uittreksel uit die Staatskoerant.

Indien die petrolprys gedereguleer word, sal dit kleinhandelaars in staat stel om self die prys van petrol vas te stel.

Die DA het reeds gesê dat dit die brandstofprys tot R17 per liter kan afbring.

Die jongste data van die Sentrale Energiefonds (CEF) dui aan dat die volgende daling in brandstofpryse (gegrond op oorverhalings) op Woensdag 3 Augustus 2022 verwag kan word:

  • 95-oktaan-petrol: Daal met 90c per liter;
  • 93-oktaan-petrol: Daal met 91c per liter;
  • 0,05%-swael-diesel: Daal met 55c per liter;
  • 0,005%-swael-diesel: Daal met 58c per liter;

Die bogenoemde data is op 21 Julie 2022 geneem.

Die 75c afslag op die algemene brandstofheffing, wat bygereken moet word, is reeds ingesluit.

Vanaf 3 Augustus sal jy weer die volledige R1,50-brandstofheffing moet betaal.

Hierdie is egter slegs ‘n aanduiding van hoe brandstofpryse sou styg, sou dit vandag vasgestel word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Skrywer:

1 thought on “Goeie nuus vir motoriste

  1. Want to control US again 16000 of billions of people in the world ridiculous 🙄

Leave a Reply

Your email address will not be published.