Aappokke nou as wêreldwye noodtoestand aangekondig deur WGO

Dit sal die tweede keer in drie jaar wees wat die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO)  ’n wêreldwye noodtoestand oor ‘n gesondheidstoestand aankondig.

Hierdie keer is die oorsaak aappokke – ’n seldsame virusinfeksie, met ligte simptome, wat egter vinnig muteer.

Volgens statistieke deur die WGO is daar op die oomblik meer as 16 000 gevalle van aappokke buite Afrika aangemeld, met die virus wat reeds 75 lande bereik het.

Daar was nog net twee gevalle van aappokke in Suid-Afrika. Die eerste geval van aappokke is op 23 Junie in Johannesburg by ‘n 30-jarige man aangemeld en die tweede een by ‘n 42-jarige toeris van Switzerland wat op vakansie in Limpopo was.

‘n Paneel adviseurs is Saterdag deur dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, die direkteur-generaal van die WGO, byeengeroep wat aangedui het dat die uitbreking van aappokke ’n “bedreiging vir die internasionale openbare gesondheidstelsel is.”

“Ons het ’n uitbreking van aappokke wat vinnig oor die wêreld versprei het deur nuwe maniere van oordrag, waarvan ons te min verstaan, en wat aan die kriteria voldoen vir ’n internasionale noodtoestand op openbare gesondheid,” het dr. Tedros gesê.

Die WGO se verklaring beteken dat aansienlike hulpbronne belê sal word in die beheer van die uitbreking van die virusinfeksie en meer befondsing vir die reaksie daarop. Dit sal boonop nasies aanmoedig om entstowwe, behandelings en ander sleutelhulpbronne te deel om die uitbreking van die virusinfeksie te bekamp.

Daar is nog net twee gevalle van aappokke in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die WGO het byna almal van die 16 000 infeksies voorgekom onder mans wat seks met mans het. Aappokke word deur nabye fisieke kontak oorgedra.

Aappokke is ’n aansteeklike virussiekte wat by mense en sommige ander diere kan voorkom. Simptome sluit in koors, geswelde limfknoppe en ’n uitslag wat blase vorm en dan korsies oor die blase. Die tyd vanaf blootstelling tot die aanvang van simptome wissel van 5 tot 21 dae. Die duur van simptome is tipies 2 tot 4 weke. Daar kan ligte simptome wees, maar dit kan voorkom sonder dat enige simptome bekend is. Daar is gevind dat die klassieke simptome van koors en spierpyne, gevolg deur geswelde kliere, met letsels in dieselfde stadium, nie algemeen is vir alle uitbrake nie. Gevalle kan ernstig wees, veral by kinders, swanger vroue of mense met onderdrukte immuunstelsels.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.