“Rassisties? Dié man? Ai wena, daar is geen manier nie,” sê die werknemer van boer

“Rassisties? Dié man? Ai wena, daar is geen manier nie.”

Foto: TimesLIVE

’n Plaaswerker in diens van die Ermelo-boer, Louis Johannes Grobler, het gelag toe hy gevra is of dié boer rassisties is.

Dit volg nadat twee kinders, onderskeidelik 10 en 12 jaar oud, glo in die hospitaal beland het nadat Grobler hulle na bewering met sy voertuig op sy plaas op Ermelo omgery het. Hy het glo ook ‘n 13-jarige aangerand.

Gedurende Grobler se tweede verskyning Woensdag, het van die gemeenskapslede gesê die voorval was rasgemotiveerd.

Die 41-jarige het boer het Vrydag met sy tweede verskyning aangedring om op borgtog vrygelaat te word nadat hy op aanklag van poging tot moord en aanranding in hegtenis geneem is na die voorval op 15 Julie.

“Rassisties? Dié man? Ai wena, daar is geen manier nie,” sê die werknemer wat die afgelope agt jaar in Grobler se diens is, berig TimesLIVE.

“My kind het op 10 Januarie vanjaar in ‘n dam op die plaas geval. Ek was op pad plaas toe op ’n trekker toe ek die oproep kry,” sê die pa (29), wat nie geïdentifiseer wil word nie.

“Ons kon nie my seun kry nie en het toe vir Louis gebel. Toe Louis by die plaasdam aankom, was hy die een wat sy lewe gewaag het en in die water ingegaan het om my seun te kry.

“Die man wat mense nou ‘n rassis noem, het herhaaldelik op my seun se bors gedruk en geveg om hom te red. Hy het hom selfs mond tot mond asem gegee. Hoe gee ‘n rassis ‘n swart kind mond tot mond?”

Ongelukkig het die werknemer se seun dit nie gemaak nie en volgens hom het Grobler die hele begrafnis gereël en betaal.

Die werknemer sê hy het ‘n noue verhouding met Grobler, wat die afgelope paar dae in die tronk is.

“Ek kon met enige probleem na Louis gaan en hy was altyd bereid om te luister.”

Die pa is nie die enigste Grobler-werknemer wat so voel nie.

Elf van Grobler se werknemers het TimesLIVE op die plaas ontmoet.

“Ons is kwaad. Ons wil vir die hof sê Louis is ‘n goeie man,” het ‘n 69-jarige werknemer gesê.

“Ek het in 1990 vir Louis se pa begin werk. Ek ken hom van toe hy baie jonk was. Daar is niks rassisties aan hom nie. Toe my pa oorlede is, het Louis vir die begrafnis betaal. As ek geldprobleme het, is Louis altyd beskikbaar om te help. Hy het selfs vir my kinders geld gegee wanneer hulle dit nodig gehad het. As gevolg van die hele situasie is ons baie bekommerd oor die toekoms.”

Hy erken Grobler het soms kwaad geword, maar nooit op ‘n rassistiese wyse nie.

“Hy sou kwaad word soos enige baas of gewone mens, maar ek het hom nog nooit lelike goed soos die k-woord hoor sê nie,” het hy gesê.

Volgens ’n 37-jarige kollega is Louis ’n goeie man.

“Watter probleme ons ook al ondervind, hy is altyd beskikbaar om te help; hy sal dit uitsorteer. Soms met geld en soms net met raad. Ons is baie ontevrede dat hy in die tronk is weens ‘n ongeluk. Ons weet dit was ’n ongeluk omdat Louis nie kinders met opset sou omry nie.”

’n 22-jarige seisoenwerker sê Grobler het verlede week vir hom geld geleen om krag te koop en nou dat hy in die tronk is, weet hy nie hoe lank sy krag nog gaan hou nie.

Nog ‘n werknemer beaam dat Grobler nooit nee gesê het indien hulle geld wou leen nie.

“Louis het vir my drie motors, ‘n Uno, Jetta en Toyota gekoop wat ek afbetaal sonder enige rente.”

Op die vraag wie in die groep van 11 werknemers motors besit wat deur Grobler betaal is, het nog vyf mans hul hande opgesteek. Een het gesê Grobler het hom gehelp om twee motors aan te skaf.

Mario Jungbluth, Grobler se prokureur, het Woesndag tydens sy hofverskyning gesê Grobler het nie die meisies met opset raakgery nie.

“Terwyl Grobler bestuur het, het die slagoffers ewe skielik voor hom verskyn. Hy het remme aangeslaan, maar hulle is beseer.”

Grobler het die polisie en ‘n ambulans ná die voorval ontbied.

Maar die staat voer aan Grobler het glo die kinders beskuldig dat hulle mielies van sy plaas gesteel het.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag van Mpumalanga, het gesê die staat staan borgtog teen “weens die erns van die misdrywe waarvan die beskuldigde aangekla word. Dit is ‘n skedule 5-oortreding.”

Terwyl die pa van een van die slagoffers daarop aandring dat Grobler sy kind en haar vriende opsetlik omgery het, het die PSIRA-geregistreerde onafhanklike forensiese ondersoeker Paul Koen wat die toneel saam met TimesLIVE besoek het gesê bewyse dui daarop dat die voorval ‘n ongeluk was.

“Die kinders het na bewering in die ongeoesde mielies weggekruip en direk voor die bakkie uitgehardloop,” het Koen aan TimesLIVE gesê.

Hy het die 10 m lange remmerke wat Grobler se bakkie in die modderige grond gelaat het, wat hy volgens hom Dinsdag gemeet het, uitgewys.

TimesLIVE het ‘n remtoets op die toneel gedoen. Met ‘n skamele 20 km/h het dit ‘n 4×4-bakkie sowat 2 m geneem om na ‘n noodstop tot stilstand te gly.

Op die toneel van die voorval is die impakpunt volgens Koen minder as 2 m van die ongeoesde mielies waar die kinders na bewering geskuil het.

“Dit beteken enige weergawe wat aandui dat mnr. Grobler die beweerde slagoffers vir ‘n entjie agtervolg het, maak nie sin nie,” het Koen gesê.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Skrywer:

1 thought on ““Rassisties? Dié man? Ai wena, daar is geen manier nie,” sê die werknemer van boer

  1. Ek hoop jy kom uit jou hart is van goud soos jou werkers praat jou ons almal bid vir jou sterk staan.

Leave a Reply

Your email address will not be published.