‘n Ma van twee (43) is Vrydagaand omstreeks 22:00 deur haar eie Amerikaanse bulhond doodgebyt.
Volgens Daily Mail is Joanne Robinson Vrydagaand op die toneel by ‘n huis in South Yorkshire, Engeland, dood verklaar.
Volgens inligting beskikbaar was Robinson die bulhond, Rocco, se eienaar
Haar lewensmaat, Jamie Stead, het ook beserings aan sy hande, maag en sy gesig opgedoen soos hy haar probeer red en die hond van haar probeer aftrek het.
Robinson se ma, Dotty Robinson, sê die familie is geskok na wat gebeur het.
“Ek wil het hê almal moet weet hoe geliefd sy was,” sê sy. “Sy is hier gebore en grootgemaak en almal ken haar en is lief vir haar.”
Dotty het aan The Sun gesê Rocco was byna twee jaar oud.
Blommerangskikkings is buite Robinson se huis neergesit soos die gemeenskap saam rou oor haar dood.
Robinson se seun sê die honde is goed grootgemaak.
Die polisie het Robinson se twee honde, Rocco en ‘n ander bulhond, weggevat.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



