Sommige Potchefstromers het Sondagoggend ‘n ligte skudding en gedreun, afkomstig van ‘n aardbewing wat 3.8 op die Richterskaal gemeet het, ervaar.
Hierdie aardbewing het 22 km suid-oos van Klerksdorp om 11:19 plaasgevind.
Die episentrum van die aardbewing was min of meer 12 km buite Orkney.
Die aardbewing was 10 km diep en het veroorsaak dat inwoners in die omliggende areas ook die trillings gevoel het.



