Twee verdagtes vas oor onwettige vuurwapens

Deel hierdie storie / Share this story

Twee mans van Hartswater is in hegtenis geneem na die polisie na bewering ongelisensieerde vuurwapens in hulle besit gevind het.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê die polisie het Woensdag inligting ontvang oor die twee verdagtes wat glo in die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie is.

“Lede het vinnig opgetree en na die huis in Andersonstraat op Hartswater gegaan om ondersoek in te stel. Hulle het die twee verdagtes op die perseel gevind en handgemaakte wapens en ammunisie by hulle gekonfiskeer.”

Volgens kapt. Tawana was die verdagtes ook glo in die besit van sketsplanne om vuurwapens te maak.

Hulle sal na verwagting binnekort in die Hartswater-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.