Welkom-polisie begin soektog na vrou deur rowers doodgeskiet is

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in die Vrystaat is op soek na drie onbekende verdagtes vir hul beweerde betrokkenheid by die poging tot roof en moord op ‘n 47-jarige vrou op Dinsdag 12 Julie in Welkom.

Sinah Mpakane, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), sê die voorval het omstreeks 19:00 in Tempestweg in Dagbreek plaasgevind.

“Daar word beweer die slagoffer het van die werk af huis toe gery toe sy deur drie onbekende mans by haar hek ingewag is,” het Mpakane gesê.

Twee verdagtes het die slagoffer na bewering in die binnehof van haar huis in ’n hoek vasgekeer nadat ’n ander verdagte die hek versper het.

Die vrou was in haar voertuig. Haar venster is stukkend geslaan en sy is aangesê om kontant te oorhandig.

In ‘n poging om te ontsnap, het die vrou na bewering agteruit gery om van haar aanvallers weg te kom. Hulle het gereageer deur op haar te skiet.

Die vrou is noodlottig gewond en deur paramedici op die toneel dood verklaar. Die verdagtes het van die toneel gevlug.

Die polisie ondersoek sake van poging tot roof en moord.

Bronne: MSN, The South African, SABC News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Die Amerikaanse akteur Kevin Spacey pleit onskuldig op seksuele aanrandingsklag