Man los seun by dagsorg na vaderskaptoets wys hy is nie die pa nie

Deel hierdie storie / Share this story

’n Vyfjarige seuntjie is onlangs deur die man wat hy sy hele lewe lank as sy pa geken het in die steek gelaat nadat dié man ontdek het hy is nie die kind se biologiese pa nie.

Volgens berigte het die man die kind in die oggend volgens hul gewone roetine by die dagsorg afgelaai, maar kon nie die kind later die middag gaan haal nie.

Toe ’n dagsorgonderwyser navraag doen, het die man glo gesê hy gaan nie die kind kom haal nie omdat hy uitgevind het die kind is nie syne nie.

Terwyl al die kleintjies by sy dagsorg deur hul liefdevolle ouers opgetel is, het ‘n seuntjie wat net onder sy skuilnaam “Xiao Rui” bekend was, gewag vir iemand wat nie van plan was om op te daag nie.

Volgens ‘n plaaslike Chinese publikasie South China Morning Post, het onderwysers by die instelling bekommerd geraak toe Xiao se “vader” hom die oggend afgelaai het, maar nie in die aand teruggekeer het nie.

Die dagsorgsentrum het ook gesê Xiao het slegs ‘n rugsak by hom gehad wat skoon klere en ‘n selfoon bevat het.

Xiao se onderwyser, Chen, het die pa gebel wat geantwoord het dat hy ‘n vaderskaptoets afgelê het wat aan die lig gebring het dat Xiao nie sy kind is nie en dat hy voortaan die “skool se probleem” is.

Die New York Post berig dat die kind se oupa en oom ook geweier het om hom te gaan haal.

Nanning Radio- en televisiestasie het egter berig dat die jongeling na verwagting hierdie week deur sy biologiese ma gehaal sou word.

Bronne: MSN, The South African, NY Post

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Noord-Kaap-lesers, hier is jou nuus vir die week