‘n Netcare 911-ambulans het onlangs in ‘n motorwassery langs die Key West-winkelsentrum in Krugersdorp vasgery en ‘n voetganger raak gery.
Shalen Ramduth, bedryfsdirekteur van Netcare 911, het gesê die ongeluk het Saterdagaand gebeur.
“Ons was diep geskok en hartseer om te hoor ‘n voetganger is noodlottig beseer toe ons kollega ‘n skielike en mediese noodgeval opgedoen het terwyl hy Saterdagaand bestuur het. Namens ons almal by Netcare 911 en Netcare betuig ons ons innige meegevoel met die familie en vriende van die oorledene. Ons bid ook vir die herstel van ons kollega wat in die ongeluk beseer is,” het Shalen Ramduth gesê.
Ramduth het verder ’n beroep op die publiek gedoen om hulle van skadelike spekulasie te weerhou, aangesien hulle saamwerk met die Suid-Afrikaanse Polisiediens [SAPD] se ondersoek na die oorsaak van die ongeluk.
Dit kom ná berigte dat die ambulansbestuurder onder die invloed was ten tyde van die ongeluk.
Bronne: MSN, The South African, Krugersdorp News
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Ontbindende liggame van dubbele moordslagoffers naby N2-hoofweg gevind



