Regter verwerp Amber Heard se aansoek vir nuwe verhoor

Deel hierdie storie / Share this story

Die aktrise Amber Heard het weer aansoek gedoen vir ‘n nuwe verhoor in die lastersaak wat sy teen haar eks-man Johnny Depp verloor het. ‘n Regter van Virginië het egter die aansoek verwerp.

Heard se regspan het die regter, Penny Azcarate, gevra om ‘n wanverhoor te verklaar na Heard na die uitspraak nou sowat R170 miljoen ($10 miljoen) aan Depp moet betaal.

Sy is deur ‘n jurie van sewe lede skuldig bevind aan naamskending na die jurie vir ses weke in die hof deurgebring het om deur bewysstukke te werk.

Die saak oor die beweerde gesinsgeweld wat tussen Depp en Heard plaasgevind het tydens hulle huwelik, het in Mei tot ‘n einde gekom.

Heard se prokureurs het in die aansoek vir ‘n nuwe verhoor aangevoer een van die jurielede wat gedagvaar is om as jurielid op te tree, is nie die lid wat in die hof teenwoordig was nie. Haar prokureurs sê dit was sy seun.

Regter Azcarte sê egter dat daar geen bewyse van enige bedrog of oortreding is nie en dat die jurielid gekeur is en saam met die ander jurielede deur die proses gegaan het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.