Ontbindende liggame van dubbele moordslagoffers naby N2-hoofweg gevind

Deel hierdie storie / Share this story

’n Voetganger het Maandagoggend 11 Julie ’n grusame ontdekking in die Oos-Kaap gemaak.

Die liggame van ‘n ongeïdentifiseerde vermoorde egpaar is in Greenbushes naby die N2-hoofweg gevind. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se woordvoerder, kapt. Sandra Janse van Rensburg, sê die voetganger het die liggame om 09:00 gevind en die owerhede in kennis gestel.

“Met aankoms is ‘n onbekende man gevind waar hy voor ‘n boom gesit het met sy nek aan die boom vasgebind. ’n Tweede liggaam, van ’n vrou, is sowat vyf meter verder gevind,” het Janse van Rensburg gesê.

Die vrou het met haar gesig na onder gelê en albei liggame was in ‘n vroeë stadium van ontbinding. Die slagoffers is vermoedelik tussen 20 en 35 jaar oud.

Lykskouings sal op beide slagoffers uitgevoer word om die presiese oorsaak van dood te bepaal. Speurders van die Kabegapark-polisiestasie ondersoek twee sake van moord.

Bronne; MSN, The South African, EZE Road

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Eskom waarsku beurtkrag sal voortduur ná 73 dae