KYK: Nasa maak verstommende sterrebeelde bekend

Deel hierdie storie / Share this story

Die Amerikaanse Ruimteagentskap (NASA) het Dinsdag foto’s van die James Webb-ruimteteleskoop gedeel en dié foto’s het die diepste en skerpste infrarooi beelde wat nóg geneem is, vasgevang.

Die James Webb-teleskoop, van ongeveer $10 miljard, is voltooi na wetenskaplikes en ingenieurs van drie ruimteagentskappe vir 20 jaar lank daaraan gewerk het. Die teleskoop is spesifiek daarvoor ontwerp om voorwerpe te sien met lig wat vir die menslike oog onsigbaar is.

In ‘n verklaring sê Nasa dat beelde van die Webb’s First Deep Field, ‘n sterrestelselgroep, vol fyn besonderhede is.

Nasa sê ook dié beelde gaan so presies wees dat ons sal kan weet of ander planete bewoonbaar is of nie.

“En as jy na iets so groots soos hierdie kyk, gaan ons antwoorde kan gee op vrae wat nog nie eers gevra is nie,” sê Bill Nelson van Nasa.

Die Amerikaanse president Joe Biden het Maandag ‘n beeld in die Withuis bekendgestel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.