Twee amptenare van die departement van korrektiewe dienste is Dinsdag koelbloedig vermoor toe hulle probeer het om ‘n ontsnapte gevangene op te spoor.
Die departement het in ‘n verklaring gesê die twee beamptes was besig om ‘n gevangene wat ontsnap het te probeer opspoor toe hulle doodgeskiet is.
‘n Vuurwapen is ook by een van die oorledenes gesteel.
Ronald Lamola, die minister van justisie en korrektiewe dienste, sê hy is geskok oor die “sinnelose” moorde op die twee Boksburg-amptenare.
Hy het sy medelye uitgespreek teenoor die oorledenes se families en belowe dat dié departement en die polisie geen steen onaangeraak sal laat om die moordenaars vas te trek nie.
Moordsake is by die polisie geopen.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



