’n Gesin is Maandagoggend in Hermanus in hul motor geskiet. Die 35-jarige ma is dood terwyl haar dogter en man beseer is.
Volgens polisiewoordvoerder, kapt. Frederick van Wyk, het die skietery vroeg Maandagoggend plaasgevind.
Die 35-jarige ma, Dorianne Lock, was saam met haar 10-jarige dogter en man toe hulle geskiet is.
“Die skietvoorval het Maandag omstreeks 07:30 in Marigoldstraat, Mount Pleasant, Hermanus gebeur. Volgens berigte was die gesin in hul voertuig op pad werk toe toe ‘n onbekende gewapende man skote op hulle afgevuur het. Die 35-jarige vrou is geskiet en noodlottig gewond,” het kapt. Van Wyk gesê.
Van Wyk sê die 40-jarige pa en 10-jarige dogter is ook geskiet en gewond. Hulle het behandeling ontvang.
“’n Sake van moord en twee poging tot moord is vir ondersoek geopen.”
Die motief vir die aanval is nog onbekend.
Dorianne het by die ontvangs van die Windsor-hotel Hermanus gewerk.
Bronne: MSN, The South African, Cape Town NETC
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: DA stel Sol Plaatje se kandidaat vir Wyk 21 bekend



