Seun (9) sterf toe hy onder sleepwa se wiel beland

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Negejarige seun is die naweek in die Paarl oorlede toe hy vermoedelik sy balans agter op ‘n bakkie verloor en met sy kop onder ‘n sleepwa se wiel beland het.

Volgens ‘n Facebook-inskrywing van Drakenstein Farm Watch het die voorval Saterdag 8 Julie plaasgevind.

Die seun het glo agter op ‘n bakkie gesit toe hy sy balans verloor en afgeval het.

Volgens Drakenstein Farm Watch was DFW-noodwerkers vinnig op die toneel, maar ten spyte van pogings om die seun se lewe te red, is hy oorlede.

“DFW-werkers en die kind se gesin het saam gebid om te vra dat die hemel vir sy jong siel sal oopmaak.”

Die DFW het ook sterkte en medelye met die seun se gesin uitgespreek.

“Dis nie ons plek om te vra hoekom nie.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.