Rower skiet makker, buit sy vuurwapen en vlug

Deel hierdie storie / Share this story

’n Beplande roof deur twee gewapende mans het nie verloop soos beplan nie. Een van die rowers het sy makker raakgeskiet en in plaas daarvan om hom te help, sy vuurwapen gevat en van die toneel gevlug.

Dit het Sondag in Gqeberha gebeur toe die twee gewapende mans ‘n 34-jarige man probeer beroof het, het kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, gesê.

Omstreeks 20:30 Sondagaand het die rowers hul moontlike slagoffer in Nomakanjane-omgewing, Ikamvelihle, opgemerk. Die slagoffer het huis toe gestap toe die gewapende mans hom genader het.

“In die vrees dat hulle hom gaan beroof, het hy probeer om van hulle af te vlug. Hulle het hom agternagesit en nadat hy met ’n vuurwapen in die gesig geslaan is, het die slagoffer in ’n nabygeleë shack in gevlug,” het Beetge gesê.

Een van die rowers het die slagoffer gevolg en agter hom in die shack ingegaan. Die ander een het buite gewag, geweer in die hand. Terwyl hy buite was, het die rower skote op die shack begin afvuur en sy medepligtige geskiet.

“Een van die verdagtes het ná [die slagoffer] in die shack ingegaan, terwyl die ander een van buite op die shack losgebrand het. Een van die vermeende rowers is doodgeskiet.” het kapt. André Beetge gesê.

“Die rower buite het uiteindelik besef dat hy sy makker doodgeskiet het. Hy het die shack binnegegaan en sy makker se vuurwapen gegryp. Hy het toe van die toneel gevlug. Hul geteikende slagoffer het net ligte beserings opgedoen,” het Beetge gesê.

“Die 34-jarige slagoffer, wat van hulle gevlug het, was ongedeerd na die voorval, behalwe vir die ligte wond toe hulle hom met die pistool geslaan het. ’n Moorddossier word geopen en word deur die Ikamvelihle-polisie ondersoek.”

Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting oor die beweerde moord om by die Ikamvelihle-polisiestasie aan te meld.

Bronne: MSN, The South African, IOL

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Eskom gaan probeer om beurtkrag “oor tien dae” te beëindig