Verdagte steel en vervoer glo 21 skape in minibus

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie op Vryburg het Saterdagoggend om 01:00 flink en vinnig opgetree toe hulle ‘n minibus wat verdag voorgekom het, gewaar het en 21 vermoedelik gesteelde skape gekonfiskeer het.

Lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, sê twee polisielede was in die vroeë oggendure besig om patrollie te doen toe hulle die minibus wat agterdog gewek het, gewaar het. Twee persone het glo van die toneel gevlug toe die polisie die bussie genader het om ondersoek in te stel.

Lt.kol. Funani sê na die polisie die minibus deursoek het, het hulle op 21 skape afgekom.

Die bestuurder kon nie bewys dat dit sy skape is nie en is in hegtenis geneem.

Hy verskyn vandag in die hof.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.