‘n Bejaarde man (64) het vanoggend in die hof op Kariega verskyn op aanklagte van die moord op sy 35-jarige seun.
Volgens die SAPD het die voorval op 9 Julie omstreeks 18:55 plaasgevind.
Die man en sy seun het glo ‘n stryery gehad toe die pa sy kamer binnegegaan het en met ‘n vuurwapen teruggekeer het. Hy het sy seun twee keer geskiet. Sy seun het met die skietwonde die straat ingehardloop op soek na hulp, maar het daar inmekaargesak.
Daar is met die slagoffer na ‘n hospitaal gejaag vir behandeling, maar hy is aan die skietwonde oorlede.
Hou FiND iT dop vir meer hieroor.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



