‘n Soldaat (51) van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) wat in Mosambiek ontplooi was, is die afgelope week oorlede.
Die SANW het Sondag in ‘n verklaring gesê die 51-jarige stafsersant Johan Andries van Rooyen was as deel van Operasie Vikela in Mosambiek ontplooi toe hy dood is.
Van Rooyen het van ernstige hoofpyn en borsprobleme gekla en is na ‘n hospitaal op Pemba geneem. Hy is Vrydag daar oorlede.
Die SANW sê Van Rooyen se liggaam sal na SA gebring word en begrafnisreëlings sal getref word.
Hier is die volledige verklaring:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



