Hier is ‘n vinnige en maklike resep vir ‘n heerlike seekos-roerbraai wat jy saam met rys kan voorsit.
Bedien 4-6 persone
Bestanddele:
2 pakkies Marina Seafood Mix
’n groot ui
knoffel
botter vir braai ± 200 g (as dit moet, kan margarien ook werk)
1 koppie suurlemoensap
peri-peri poeier
gemengde kruie
gedroogde pietersielie
Aromat
sout
swartpeper, vars gemaal
2 koppies rys
Metode:
Kook rys in ± 4-6 koppies water met knippie sout.
Roer 1 teelepel pietersielie & 100 ml suurlemoensap in die water waarin jy die rys gaarmaak.
Voorverhit botter in roerbraai-pan, braai uie tot begin verkleur.
Voeg omtrent ‘n teelepel fyngemaakte knoffel na smaak by.
Wanneer dit goed gebraai is, voeg die gevriesde 2 pakkies (500 g) Marina Seafood Mix by en braai baie kort, net tot die seekos gaar is. Voeg koppie suurlemoensap by, geur met bogenoemde kruie en speserye na smaak.
Bron: Louwrens Human
Plasing: Louwrens Human / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK.



