Ten minste agt seuns dood sedert inisiasie-rituele begin

Deel hierdie storie / Share this story

Ten minste agt seuns is in die Oos-Kaap dood sedert die winter-inisiasieseisoen begin het.

Owerhede het die verskillende skole in die provinsie besoek. Daar word verwag ongeveer 40 000 seuns gaan aan die rituele deelneem.

Die departementele portefeuljekomitee van samewerkende regering en tradisionele sake sê die onwettige inisiasieskole in die provinsie doen beter as die wettige skole.

Fikile Xasa, voorsitter van die komitee, sê sterftes is onderskeidelik in die Mhlotlo-munisipaliteit, die King Sabata Dalindyebo-munisipaliteit en die Ngquza Hull-munisipaliteit aangemeld.

Die inisiasieseisoen is ‘n tyd waartydens jong seuns deur sekere rituele gaan om hulle sekere beginsels te leer wat op hul kultuur van toepassing is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.