Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Vrystaat ondersoek die omstandighede rondom ‘n ontbindende liggaam wat in ‘n woud in QwaQwa gevind is.
Die persoon is nog nie geïdentifiseer nie.
’n Tiener wat verlede week besig was om hout naby die Sekoto-rivier bymekaar te maak, het die ontbindende liggaam gevind.
SAPD-woordvoerder Mmako Mophiring sê beide die kop en die bolyf van die liggaam word vermis.
Die identiteit, asook ander inligting oor die voorval, moet nog vasgestel word. ’n Geregtelike doodsondersoek is geopen om die oorsaak van dood te bepaal, berig EWN.
“’n Geregtelike doodsondersoek is geopen om die oorsaak van dood te bepaal. Ons wag nog vir familie of ‘n naasbestaande wat dalk kan rapporteer dat ‘n persoon vermis word,” het Mophiring gesê.
Bronne: MSN, The South African, EWN Sport
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: ‘Hulle het my seun by my gevat deur ‘n gat wat hulle nie toegemaak het nie’ – Nolwando Ngxanga



