Die 18-jarige Devon Lange word nou gesoek in verband met die ontvoering en verdwyning van die 17-jarige Marusche de Kock wat op 29 Junie laas gesien is.
Privaatondersoeker Mike Bolhuis sê hy doen ‘n dringende beroep op die gemeenskap om te help om Lange so gou as moontlik op te spoor.
“Devon Lange word gesoek in verband met haar verdwyning en ons sal enige hulp waardeer om Marusche de Kock op te spoor.”
Die 17-jarige De Kock is laas op 29 Junie om 13:00 by die Cullinan Spar gesien en het ‘n swart spanbroek, ‘n grys top en swart skoene aangehad.
Sy is ongeveer 1,55 m lank en het bruin oë en donkerbruin hare.
Kontak Werner Koekemoer van Specialised Security Services by 082 820 3680 of Odette van Staden by 064 700 3023 indien jy enigiets weet of van hulp kan wees.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



