‘n 42-jarige toeris van Switzerland het aappokke.
Dit volg nadat hy simptome soos uitslag, spierpyn en moegheid gedurende sy vakansie in Limpopo begin toon het.
Die eerste geval van aappokke in Suid-Afrika is op 23 Junie in Johannesburg by ‘n 30-jarige man aangemeld.
Die LUR vir gesondheid in Limpopo, Phophi Ramathuba, het gevra mense moet net kalm bly.
“Die pasiënt word behandel, maar is nie in die hospitaal nie. Dit was ook nie nodig vir die man om te isoleer nie.”
Volgens die wêreldgesondheidsorganisasie sal binnekort vergader word om te bepaal of aappokke tot ‘n gesondheidskrisis verklaar moet word nadat 6 000 infeksies sedert Mei vanjaar in 58 lande aangemeld is.



