Die dood van minstens 19 mense in twee afsonderlike gevalle van skietery by tavernes oornag het ‘n sterk reaksie van ‘n aantal politieke verteenwoordigers ontlok, met die EFF wat so ver gaan om die voorvalle as “terreurdade” te bestempel.
Minstens 15 mense is glo by ‘n taverne in Soweto, Gauteng, doodgeskiet, terwyl vier in ‘n kritieke toestand in die hospitaal is.
Elias Mawela, Gautengse polisiekommissaris, het aan eNCA gesê primêre ondersoeke dui daarop dat mense hulself in die taverne geniet het toe verdagtes ingekom en net lukraak op die mense begin skiet het.
Mawela het gesê speurders is op die toneel. Hulle skat die ouderdomsgroep van die persone wat geskiet en gedood is, is tussen 19 en 35.
Intussen het ‘n tweede skokkende voorval in Pietermaritzburg afgespeel: Vier persone is daar in ‘n taverne doodgeskiet terwyl agt ander gewond is.
Die voorval het glo Saterdagaand om 20:30 gebeur terwyl ‘n groep mense besig was om te drink. Volgens die polisie het ‘n voertuig opgedaag en buite die taverne geparkeer.
Twee mans het uit die voertuig gespring, die taverne binnegegaan en lukraak op mense losgebrand.
Dit is nog nie bekend of die twee skietvoorvalle met mekaar verbind word nie. In ‘n woedende verklaring wat vroeër Sondag uitgereik is, het die EFF die minister van polisie, Bheki Cele, gelooi omdat hy “toekyk hoe die wet en orde in Suid-Afrika ineenstort”.
Hulle is van mening “terrorisme” was ‘n motiverende faktor in hierdie oënskynlik sinnelose moorde.
Cele is daarteen gewaarsku om die misdaadtoneel as ‘n “PR-toertjie te besoek” en die ANC-veteraan beskuldig dat hy “krokodiltrane” gestort het tydens die onlangse Enyobeni-tragedie.
Die Rooi Berette het hul gevoelens glashelder oor hierdie gebeure gemaak.
EFF Statement On The Murder Of 14-People In A Tavern In Soweto And 4-People In Pietermaritzburg pic.twitter.com/MM17iDoBCg
— Economic Freedom Fighters (@EFFSouthAfrica) July 10, 2022
Bronne: MSN, Twitter, The South African, Flipboard
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Eenjarige raakgeskiet tydens begrafnis – nadat roubeklaers ‘skote afgevuur het’



