Die polisie in Mpumalanga soek desperaat antwoorde, nadat ‘n baba ernstig deur ‘n dwaalkoeël gewond is toe roubeklaers by ‘n begrafnis op Pienaar skote afgevuur het.
Die kleuter het ‘n wond aan haar onderlyf opgedoen toe ‘n persoon skote afgevuur het, vermoedelik om die oorledene te eer.
Die polisie sal nou kyk na ‘n klag van poging tot moord sodra ‘n verdagte aangekeer kan word.
Wetstoepassers sê hulle het ooggetuies nodig om na vore te kom, anders sal hul saak baie moeiliker wees om op te los. Hulle het mense gevra om kontak te maak via die Crime Stop-foonnommer, of die MySAPS-app.
Bronne: Daily Sun, The South African, MSN
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Minderjarige (16) bestuurder dood na motor paal tref



