’n Vrou wat sowat 150 teoretiese en praktiese toetse vir ander bestuurders afgelê het, is vir agt maande tronk toe gestuur.
Inderjeet Kaur (29) van Llanelli, Carmarthenshire in Wallis het erken dat sy die toetse tussen 2018 en 2020 afgelê het.
Die polisie het gesê sy help met toetse vir mense wat sukkel met Engels. Swansea Crown Court het gehoor die vermoede het by toetssentrums ontstaan dat Kaur namens ander mense skryf en die polisie is ‘n wenk gegee.
Kaur het die toetse in Swansea, Carmarthen, Birmingham en Londen afgelê. ‘n Senior speurder, Steven Maloney, het gesê Kaur se misdade is deur hebsug gemotiveer.
“Bedrog soos hierdie hou aansienlike risiko’s vir die algemene publiek in,” het hy gesê.
Caroline Hicks van die Bestuurder- en Voertuigstandaarde-agentskap het gesê rybewyse wat op bedrieglike wyse verkry is, kan gekanselleer word.
Sy het bygevoeg: “Bestuurs- en teorietoetse bestaan om te verseker dat mense die regte kennis, vaardighede en ingesteldheid het om op ons paaie te bestuur. Om die toetse te omseil, plaas lewens in gevaar.”
Bronne: BBC, The Sun
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Oom (22) in hegtenis geneem vir moord op tweejarige nefie Neo Thlame



