Die vrou van die voormalige Suid-Afrikaanse losvoorspeler Heinrich Brussow sal Nkosi Sikelel’ iAfrika sing vir Saterdag 9 Julie se tweede toets tussen die Springbokke en Wallis in Bloemfontein.
Caroline-Grace Brussow het die eer aanvaar en sal die volkslied sing voor wat na verwagting ‘n stampvol Toyota-stadion sal wees.
Die Springbokke het verlede naweek op Loftus Versfeld in Pretoria met ‘n skrale oorwinning van 32-29 in die eerste toets weggespring en sal Saterdag die reeks van drie toetse met ‘n oorwinning wil afsluit. Afskop is om 17:05.
Die derde en laaste toets is geskeduleer vir die Kaapstad-stadion op Saterdag 16 Julie.
Bronne: MSN, The South African, IOL
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Oom (22) in hegtenis geneem vir moord op tweejarige nefie Neo Thlame



