Hoërskoolseun laat koppe draai toe hy rooi rok na dans dra

Deel hierdie storie / Share this story

’n 16-jarige seun het die internet “gebreek” toe hy in ’n rooi tuxedo-rok na ‘n dans gegaan het.

Korben se ma, Nina Green, het op Twitter aankondig hoe trots sy is op haar seun, wat vandat hy 12 jaar oud was, daarvan gedroom het om ‘n rok na sy prom te dra.

“Op die ouderdom van 12 het my seun aangekondig dat hy in ‘n rok na sy skool se #prom wil gaan. Vier jaar later het ons dit laat gebeur. Ek is so ongelooflik #trots op hom dat hy getrou is aan homself en die ontvangs wat hy van sy hele skool gekry het, was ongelooflik. Wat dink jy @michellevisage @theebillyporter.”

Green moedig ander ouers aan om hul kinders toe te laat om hulself te wees en verskillende style te verken.

“Sodra hy uit die kar klim, het almal gejuig, en ek het gehuil. Van die onderwysers het gehuil, want hy was wie hy wou wees. Almal was baie ondersteunend, en sy jaargroep was ongelooflik. As jy jou kind laat wees wie hulle is, sal jy niks anders as die beste uit hulle kry nie.”

Bronne: IOL, MSN, Daily Mail

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Kragonderbrekings sal tot in die naweek voortduur – Eskom