Warm slaai met feta en aartappels

Deel hierdie storie / Share this story

Slaai is nie noodwendig net vir somersdae bedoel nie! Probeer hierdie warm slaai en proe net hoe heerlik dit smaak in die koue.

Bestanddele:

4 – 5 groot aartappels
Slaaisous:
65 ml mayonnaise
65 ml suurroom of natuurlike jogurt
10 ml wynasyn
7 ml heelkorrelmosterd
45 ml gekapte grasuie
45 ml gekapte sprietuie
ongeveer 150 ml fetakaas, gekrummel
sout en varsgemaalde swartpeper

Metode:

Kook aartappels tot sag. Dreineer, laat effens afkoel, skil en hou eenkant.
Meng al die bestanddele vir die slaaisous saam, geur met sout en peper na smaak.
Sny die aartappels in blokkies en meng liggies met die slaaisous.
Rangskik ‘n paar slaaiblare op ‘n plat opdienbord, skep die aartappels bo-op terwyl warm.
Sprinkel gekapte sprietuie bo-oor vir garnering.
Variasies:
Vervang die gekapte grasui met gekapte agurkies.
Vervang die fetakaas met bloukaas, of gebruik feta- en bloukaas om die helfte.
Voeg gekapte, hardgekookte eier by die slaaisous.

Dit lewer 4 – 6 porsies
Resep geplaas deur Lorraine Weitz Brand – Uit die samestelling – Bykosse

Bron: Stien RustFood Lovers Recipes, Facebook

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.