Megan Hess, eienaar van die Sunset Mesa-begrafnishuis in Montrose, het gebieg dat sy liggame en liggaamsdele sonder die toestemming van treurende familielede verkoop het.
Hess het Dinsdag hierdie week aan die Federale Hof gesê sy het ‘n menslike liggaamsdele-onderneming genaamd Donor Services van dieselfde gebou as haar begrafnishuis in Montrose, Colorado, bestuur. Hess het skuld beken dat sy in die geheim liggame ontleed en verkoop het.
Hess het glo liggame en soms liggaamsdele verkoop van mense wat sy veronderstel was om by die begrafnisondernemer te veras.
Hess en haar ma, Shirley Koch, het hul orgaan-oesbesigheid in 2009 begin en kliënte $1000 (R16k) gevra vir verassings wat nooit plaasgevind het nie.
In plaas daarvan om die liggame te veras, het die paar organe geoes en die liggame vir chirurgiese opleiding en ander opvoedkundige doeleindes verkoop, berig The New York Post.
Om agterdog te vermy, het Hess en haar ma vir gesinne as, wat gemeng is met oorblyfsels van ander dierspesies, gegee.
Een gesin het selfs as ontvang wat met bousement gemeng is.
’n Voormalige werknemer het ook getuig dat Hess tot $40 000 (R669 000) verdien het, aangesien sy selfs goue tande vir herverkoop uit sommige van die liggame wat deur gesinne vir verassing ingebring is, uitgehaal het.
Aanklaers vra nou dat Hess ‘n minimum van 12-15 jaar agter tralies vir haar misdaad moet sit. Sy is sedert 2020 uit op borgtog.
Bronne: MSN, The South African, NY Post
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



