Gerhard Steyn se vrou top 30-finalis vir Mev. SA

Deel hierdie storie / Share this story

Die bekende Suid-Afrikaanse sanger Gerhard Steyn se vrou, Zelri, is een van die top 30-finaliste vir Mev. Suid-Afrika.

“Ek het nooit getwyfel nie, sy is immers my Mev. Heelal! Super trots op jou my lief,” skryf Gerhard op sy Facebook-blad. Hy verwys ook na Vrydagoggend toe hy met voedselvergiftiging gediagnoseer is en ‘n drup moes kry.

“Ek is so ongelooflik dankbaar,” sê Zelri. “Dankie aan een en elkeen wat in my glo, my ondersteun en vir my lief is.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.